Baie jong mense gaan nie meer terug plaas toe nadat hulle gestudeer het nie. Daarmee saam word boerderye groter weens die beginsel van skaalekonomie waardeur ’n boer meer moet produseer om groter wins te toon.
Daarom voorspel GP Olivier, voorsitter van die Vaalharts-jongboervereniging en van die Hartsrivierboerevereniging, dat die getal boere (meer as 300) op die Vaalharts-besproeiingskema binne 20 jaar