Vervaardig van topmateriaal en toegerus met gereedskap vir praktiese gebruik, is ’n Leatherman die regte toerusting vir die boer wat ’n gereedskapkis in sy sak wil dra. Dié ikoniese vervaardiger het in Oktober wéér grense verskuif met die bekendstelling van sy ARC-stel.
Dit is die eerste-staallem. Dit bied ’n mes met uitstekende snykantbehoud en duursaamheid. Dié staal beteken ook dat hierdie Leatherman se meslem uitblink in slytweerstand, taaiheid en slypgemak.