BEPALINGS oor vergoeding in die huidige onteieningswetsontwerp sal dit bitter moeilik vir banke maak om krediet toe te staan waar eiendom as sekuriteit dien.
Een van die mees omstrede bepalings van die wetsontwerp in sy huidige vorm is dat dit in sekere omstandighede nulvergoeding of vergoeding laer as die markwaarde toelaat indien die staat dit vir grondhervormingsdoeleindes onteien.
Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) sê in ’n versigtig bewoorde voorlegging in die nasionale raad van provinsies dié bepaling skep plaaslik en internasionaal probleme vir Suid-Afrika.
“Vergoeding laer as die