DIE aanloop tot die Agoa-beraad, wat van 2 tot 4 November in Johannesburg plaasvind, is oorskadu deur die diplomatieke bekgeveg oor die Russiese skip Lady R en Suid-Afrika se oënskynlik simpatieke houding jeens Rusland, die aggressor in die bloedige oorlog in Oekraïne.
In mediadekking oor die spanning tussen Amerika en Suid-Afrika het vrese oor Suid-Afrika se aansien in die internasionale gemeenskap grootliks die meer tergende ekonomiese vrae oorheers van wat kan gebeur indien Suid-Afrika sy voordele onder Agoa