FOKUS30 TON SUID
Die ervare boer André Marais, van die plaas Elismere by Cradock, is deur Cradock Saad aangewys as die wenner in die suidelike streek van dié maatskappy se 30-ton-mieliekompetisie. Sy wenopbrengs was 23,05 t/ha.
Die Sitrusrand-boerdery se Kransplaas was tweede met 21,45 t/ha, en Wouter Heyns van die plaas Uplands was derde met 20,87 t/ha. Albei is by Cradock geleë.