Anderkant die reënboog
Dit is ’n bitter eenvoudige som.
Suid-Afrika het die hoogste werkloosheidsyfer ter wêreld. Amptelik op 32,9%, maar heel moontlik is dit veel hoër.
Die resultaat is dat 47% van ons mense maatskaplike toelaes ontvang. Geld vir sulke toelaes kom net van een plek af: die formele ekonomie se belasting. Dit sluit die BTW in wat armes betaal wanneer hulle van die formele ekonomie koop.