Baba & Kleuter

MYLPALE wat mamma gelukkig hou

TERWYL EK JOU BORSVOED, KYK JY STIP NA MY GESIG ASOF JY WIL PEIL HOE HIERDIE VROU LYK WAT JOU MA IS.

MAAND 1

s daar ’n groter oomblik as om jou baba die eerste keer vas te hou? Jou volmaak geskepte handjie krul styf om my vinger. As ek aan jou wangetjie raak, draai jy jou kop outomaties daarheen, soekend na my bors. As jy dit kry, suig jy instinktief en sterk. Reeds met geboorte het jy gereageer op skerp lig deur jou gesiggie op ’n frons te plooi, en harde geluide laat jou jou arms wyd oopgooi en huil. Maar as ek jou styf teen my vashou, word jy rustig. Jy ontwikkel letterlik elke dag: Ná die eerste week kan jy jou koppie vir enkele sekondes effens skuins lig terwyl jy op jou magie lê, hoewel maar taamlik bewerig! Ek hanteer jou soos iets broos wat maklik kan breek, want jou nekspiere is nog nie sterk genoeg om jou kop regop te hou nie. Maar elke week sien ek hoe dit sterker word. Soms speel ek met jou deur ’n ratel so 20 cm van jou ogies te hou – dan kyk jy ’n paar sekondes lank stip daarna. As ek dit van kant tot kant beweeg, volg jou ogies dit gewoonlik. Terwyl ek jou borsvoed, kyk jy stip na my gesig asof jy wil peil hoe hierdie vrou lyk wat jou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter3 min read
MYNE! Myne!
Sunette du Plessis van Olivedale in Johannesburg weet nie meer watter kant toe nie, want klein Matt (3) weier om met sy boetie, Josh (1), te deel. “Ek het al alles probeer. Ek het mooigepraat, sy handjie gewiks, uitsittyd probeer ... Niks werk nie. I
Baba & Kleuter3 min read
Die Lekkerte Van Lees
Toe Mohandas Gandhi eendag van ’n trein afgegooi is, was dit die begin van sy reis om ’n einde te maak aan die onregverdige behandeling van Indiërs in Suid-Afrika – ’n reis om almal te leer dat jy die wêreld kan verander sonder om geweld te gebruik.
Baba & Kleuter4 min read
Werk Met Geld
Baie mense se finansiële krisis kon voorkom gewees het, as ’n paar eenvoudige lessies oor geld nagekom is ... Daar is nie ’n onuitputbare bron van geld nie; as jy geld leen moet jy dit terugbetaal, as jy iets nie kan bekostig nie behoort jy dit nie t

Related