Landbouweekblad

Só trotseer SA bedryf ’n rits strawwe seisoene

DAAR is ’n bietjie geluk by die ongeluk van die hael- en vloedskade wat appel- en peerboere hierdie seisoen gely het met dié dat die uitvoeroes aansienlik kleiner is. Dit gee die bedryf “asemhaalkans” in ’n mark wat nie oorvol is nie.

Die vrugtebedryfsorganisasie Hortgro het onlangs sy uitvoerverwagtinge vir die huidige oesjaar aangepas. Hiervolgens gaan Suid-Afrika ’n geraamde 42,09 miljoen kartonhouers appels (12,5 kg elk) uitvoer, wat 7% minder is as verlede jaar. Vir pere is die afname ’n allemintige 17%, met sowat 17,561 miljoen kartonhouers wat na raming uitgevoer sal word.

Suid-Afrika se grootste appelen peerproduksiestreke het einde verlede jaar erge haelstorms beleef. Die Langkloof het in Maart vanjaar wéér hael gehad, wat ’n impak gehad het op die gehalte en volume van pere.

“Algeheel is dit meer gunstig as ongunstig,” sê Mariëtte Kotzé, groepbedryfsbestuurder by Hortgro.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit