Landbouweekblad

Teel is nie perdekoop nie

Perde

Op die plaas Bridgewaters by Hekpoort, Gauteng, loop nalatenskap van mens en dier parallel met mekaar op ’n besondere manier. Aan die een kant is ’n dogter wat haar pa se kennis van sukses en vernuf met Saalperde voortdra ná sy dood. Aan die ander kant is ’n perdebloedlyn wat kampioeneienskappe van nageslag tot nageslag inprent en die trofeë inpalm.

Bridgewaters se storie begin met Harold Poil, teler en afrigter wat 44 jaar lank diep spore in die Suid-Afrikaanse Saalperdbedryf getrap het voor sy dood in 2018. Poil, ’n Amerikaner van geboorte, het in die 1970’s na Suid-Afrika gekom waar hy die Harold Poil-stal opgebou het tot een van die suksesvolstes in die land. Sy vermoë om alles te kan doen wat ’n perd vereis, van hoefsmid tot dokter en opleiding, asook voorkoms en skouvoorbereiding, het hom legendaries gemaak.

Harold het talle pryse ingeryg en is sover die enigste afrigter wat die Saalperd-telersgenootskap se Afrigter van die Jaar-titel vyf jaar agtereenvolgens kon wen. Perde wat hy geteel en afgerig het, het vir baie ander ruiters ook sukses gebring.

As jong man het hy in die deelstaat Kentucky onder die meester van Amerikaanse Saalperde, Garland Bradshaw, gestudeer. Dit is na dié teler en afrigter dat Harold sy dogter, Garland, genoem het. Sy dra nie net in naam die perdenalatenskap voort en staan aan die hoof van Bridgewaters se teelprogram nie, sy het ook sy talent geërf.

Harold was bekend) het en goed reageer wanneer hy deur die gange gelei word.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit