DIE EERSTE WEDSTRYDE
’n Vroeë vorm van “rugbyvoetbal” is al in 1862 hier gespeel, toe George Ogilvie, hoof van die skool Diocesan College (vandag Bishops) in Kaapstad, volgens oorlewering die eerste amptelike wedstryd in die land gereël het.
In daardie wedstryd het 17 leëroffisiere en 15 staatsamptenare, onder andere John X. Merriman, wat later die Kaap se premier sou word, in Groenpunt in die Moederstad kragte gemeet.
Daar was min reëls – en dit het blykbaar ook nie regtig