Landbouweekblad

Ridders wat nie terugdeins nie

Die tafel in die middel van André van Pletzen se hardeware-en-dekorwinkel op Kroonstad is wel nie rond nie, maar hier kom hedendaagse ridders byeen om hul “koninkryk” te beskerm teen plundering en verval.

Dit is by dié tafel dat die Ignite and Revive-groep sy skoonmaak-aksies beplan, petisies teen korrupsie opstel, en waar die groep met ander dorpe se gemeenskapsleiers, kritici en selfs politici aan albei kante van die spektrum gesels.

Net soos Camelot se ronde tafel is daar nie ’n hiërargie nie, maar André is die man wat sakelui, inwoners en die munisipaliteit saamtrek en ook die boodskap van regruk na die res van Suid-Afrika versprei. Hartbeespoort, Parys, Rooiberg en selfs die Moot in Pretoria is deur Kroonstad aangesteek. Só ook Delmas in Mpumalanga, wat pas R1 miljoen losgeslaan het as die televisieprogram Kwêla se dorp van die jaar vir 2023. André sê hy het by 100 ophou tel hoeveel dorpe hom al om raad gekontak het. Met sommiges praat hy telefonies, ander gaan spreek hy persoonlik en ander, soos Delmas, loop in Kroonstad se voetspore.

“Ons kan nie krediet hiervoor neem nie. Die omkeerstrateeg van Kroonstad is die Here,” sê hy. “Baie dorpe sê hulle is deur ons geïnspireer, maar van hulle het al voor ons of terselfdertyd met herlewingsprojekte begin. Dit wys hier is iets besig om te gebeur.

“Ek dink dit is ’n goddelike

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter