Landbouweekblad

Raak die Karoo se water op?

Met ’n volgende El Niño op die horison en ’n droë Gamkadam buite Beaufort-Wes net meer as vyf jaar gelede nog ingeëts in die geheue, is boere nie oortuig dat die pleisters wat die munisipaliteit op vrese plak dat die grondwatervlak om die dorp onvolhoubaar laag is, genoeg water dra nie.

Beaufort-Wes was die afgelope 15 jaar gereeld in die nuus oor waterprobleme en die media het tereg op die gevolge vir die inwoners gekonsentreer. In die afgelope somer was die dorp selfs vir byna twee weke sonder water.

Prof. Wessel Visser, geskiedenisdosent aan die Universiteit Stellenbosch, se navorsing oor dié Karoodorp se watersake toon dat droogtes en waterbeperkings met gereelde reëlmaat daar voorkom.

“Die eerste beurtwater is in Januarie 1946, in die loop van die droogte van 1942-1949, ingestel deur watervoorsiening aan inwoners op sekere dae en tye op te skort. In Oktober 1949 is watervoorsiening tot twee uur per dag beperk.”

Die dorp se gemiddelde reënval is 250 mm per jaar. Die munisipaliteit se hoofwaterbronne is boorgatwater en water uit die Springfontein-besproeiingsreservoir en die Gamkadam. Die Gamkadam is in 1955 voltooi en voorsien 45% van die dorp se water. Gereelde droogtes het egter veroorsaak dat die damvlakke nie gereeld aangevul is nie, en Beaufort-Wes het ál meer van boorgatwater afhanklik geword.

Teen die laat 1940’s was daar volgens Visser 150 tot 200 boorgate. Nog 300 gate is in die vyftig jaar sedert die 1970’s geboor. Teen 2007 het 55% van die dorp se water uit boorgate gekom.Daar is nou vier munisipale boorgataanlegte binne ’n omtrek van 40 km van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter