DIS ’n nuwe skoolkwartaal en jy wil graag hê jou kinders moet op skool uitblink soos wat die eindeksamen ál nader kom.
Maar wat gaan nou aan? Dis lank ná middernag, en jy hoor allerhande giggelgeluide uit jou tiener se kamer. Sy kyk alweer TikTok-video’s. En dit terwyl sy môre betyds vir skool moet opstaan. G’n wonder sy is alewig moeg nie.
Soms vat jy haar foon vir ’n paar dae weg, maar dan moet jy hoor hoe sy jou tydig en ontydig vertel watter hartelose wreedaard jy is. En wanneer sy eindelik haar foon terugkry,