VAN doer bo in die hemel kry ’n mens ’n perspektief op die Aarde wat jou opnuut op die wêreld verlief kan laat raak.
Van sonbaaiers op ’n idilliese somersdag tot die ge-volge van die verwoestende klimaatskrisis – dis maar van die dinge wat vasgevang is deur fotograwe wat vir 2023 se Drone Photo Awards ingeskryf het.