Borde met versnaperinge bevat lankal nie meer net worsies, vleispasteitjies en gevulde eiers nie. Die neiging verskuif gaandeweg na gesonder smulhappies wat ook aantreklik lyk en sommer met die hand gevat en geëet kan word. Kleurvolle groente is ook op menige mens se inkopielys.
Die groentesaadmaatskappy Starke Ayres het ’n groot verskeidenheid nuwe kultivars op ’n boeredag op sy proefperseel buite Kempton Park in Gauteng bekend gestel wat ook van hierdie smulhappie-groente ingesluit het.
CG Smit, nasionale verkoopsbestuurder van die maatskappy, het aan Landbouweekblad vertel hoe die neigings verander en die kweek van nuwe tipes daarby aanpas. “Klein soetrissies van verskillende kleure raak ál gewilder as snoepgeregte tydens onthale.
“Ons het nou drie van hierdie klein soetrissies in rooi, oranje en geel beskikbaar. Wortels is reeds in talle kleure verkrygbaar. Benewens die tradisionele geelwortels is daar ook wit, pers, swart en