TWK het in 1940 ontstaan toe ’n groep van 52 wattelkwekers bymekaar gekom en ’n koöperasie gestig het. Dit het intussen gegroei tot ’n onderneming met ’n omset van bykans R10 miljard.
Die maatskappy met sy hoofkantoor op Piet Retief het sowat 807 aandeelhouers en die aandele is verhandelbaar op die Kaapstadse Aandelebeurs. Sake word gedoen in ’n handelsmaatskappy, maar die beherende aandele is in ’n houermaatskappy, TWK Holdings.
TWK konsentreer op verskaffing aan