BELANGRIK
Tensy die aanbevole breidraad gebruik word, kan Saprotex nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.
LET WEL
Die aanwysings word vir die kleinste grootte gegee, met die groter groottes tussen hakies; waar net een getal gegee word, verwys dit na al die groottes.
BENODIGDHEDE
Elle Classic Wool DK (100 g-bol): 6(6;7;7;8;9) bolle in die kleur van jou keuse (Ons het Aloe 062 gebruik.)
4 mm-breipenne
Twee 4 mm-sirkelbreipenne
GROOTTE
Pas vir borsmaat: 82-87(92-97;102-107;112-117;122-127;132-137) cm
Werklike rondommaat van trui: Borsmaat: 95(105;115;125;135;145) cm
Lengte tot by skouer: 80 cm
Mounaat: 45(46;48;48;49;49) cm
SPANNING
25 ste en 44 rye = 10 cm oor rekrifpatroon met 4 mm-penne. Vir die beste resultate is dit noodsaaklik om die regte spanning te verkry.
As daar te min steke in die toetslappie is, gebruik dunner penne; as daar te veel steke is, gebruik dikker penne.
LET WEL
Alle dele word sywaarts gebrei.
OM TE BREI
AGTERPANT
Stel 135(131;125;121;113;107) ste op met 4 mm-penne (sirkelpen indien