Min natuurverskynsels het wetenskaplikes al laat wonder, ondersoek en teorieë ontwikkel soos Namibië se sogenoemde feetjiesirkels.
Teorieë wat aangebied word, strek van plantwaterstres en plante wat self-organiseer tot giftige oorblyfsels van Euphorbia-plante en mikro-organismes, maar volgens die skrywers van ’n nuwe boek is die raaisel nou bietjie verder opgelos.