HOEWEL daar dikwels na die Vrystaat verwys word as die broodmandjie van Suid-Afrika, sou dit akkurater wees om die gebied wes van die N1-snelweg die pappot van die land te noem. In ’n mooi reënjaar soos vanjaar strek die witmielielande etlike kilometers van horison tot horison, met ’n reguit ry graansilo’s wat hier en daar die mielielandskap verbreek.
Op die R505-pad verby Wesselsbron oorheers ’n