SNOOPY die Spanjoel, Lulu die Belgiese Herdershond, en Ellis, ’n Goue Retriever, is deesdae Italiaanse olyfboere se geheime wapen teen ’n dodelike bakterie.
Dié opgeleide honde snuffel die insekoorgedraagde bakterie uit. Hierdie bakterie het reeds sowat 21 miljoen olyfbome oor die afgelope dekade in Puglia, in die sogenoemde “hak van die Italiaanse stewel”, en elders, verwoes.