TIEMIE
Hierdie geharde, meerjarige kruid is maklik om te kweek. Dit is teen ryp bestand, maar aard ook in droë toestande.
Waterslim tiemie kan goed vaar in potte, as rankende kruid of as grondbedekking in ’n tuin. Party variëteite bly deur die winter groen en vorm pienk of ligpers geurige blomme. Plant dit op ’n plek wat volop son kry en sorg dat die grond sanderig en goed gedreineer is.
Voed sowat een keer per maand met ’n vloeibare kunsmis en pluk blare en lote gereeld af om groei aan te moedig.
ROOSMARYN
Geharde en immergroen roosmaryn maak ’n wonderlike winterstruik of