SY PAD TOT HIER
Verlede jaar hierdie tyd was hy nog bang om vir ’n groot musiektalentkompetisie in te skryf – en het hy nog byna elke dag in sy talent as sanger getwyfel. Selfs of mense hom sou ondersteun.
Maar deesdae, maande nadat hy in November, is die sanger Dodo Nyoka (21) supergewild. En dis nie leë woorde nie: Sy debuutenkelsnit, “Foto’s”, het onlangs die 2-miljoen-kykslae-kerf op YouTube verbygesteek.