VILLIERA, die Grier-familieplaas buite Stellenbosch wat veral bekend is om sy Traditioncap classique, is die jongste in ’n rits buitelandse beleggings die afgelope maande in die Wes-Kaapse wynbedryf.
Grands Chais de France (GCF), een van die grootste Franse wynmaatskappye in private besit wat ook verlede jaar Neethlingshof bekom het, het Villiera teen ’n onbekende bedrag gekoop. Dit sluit sy handelsmerke, die grootste deel van die eiendom, asook Domaine Grier, ’n wingerdplaas in Frankryk, in.
Volgens mnr. Rico Basson, uitvoerende hoof van Vinpro, behoort sowat 20-25% van alle Suid-Afrikaanse wynplase nou aan buitelanders.
“Daar is veral groeiende belangstelling