Landbouweekblad

Veilings

MINIMOO QUITA BEHAAL REKORDPRYS

ie Dexter-koei Minimoo Quita FH 18-0014 () is vir ’n Suid-Afrikaanse rekordprys van R44 000 op die 15de produksieveiling van die Overvaal Dexter-klub by die Willem Prinsloo-landboumuseum, Rayton, verkoop. Sy is geteel deur mnr. Frank Hinze (Minimoo Dexters) van Howick en die koper is dr. Frits Hoogendijk (Zambesiaka gesê Quita is ’n puik voorbeeld van top-teelmateriaal en het al die eienskappe van ’n uitstekende dubbeldoelras. Die duurste bul, Rooimoer JLL 11-0035, is deur JCAL Dexters van Middelburg (Mpumalanga) vir R35 000 aan Mnani Implements van Delmas verkoop. Bulle het gemiddeld R27 500 behaal. Dragtige koeie het gemiddeld R16 700 behaal, dragtige verse gemiddeld R17 500, nie-dragtige verse gemiddeld R14 500 en koeie met kalwers gemiddeld R16 500. BKB het die veiling aangebied en die afslaer was mnr. Billy Lyons.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit