DIE kans is tans groot dat ’n El Niño-stelsel in die komende somer kan ontwikkel.
Mnr. Johan van den Berg, landbouweerkundige, sê die huidige La Niña-stelsel, die laaste in ’n reeks van drie agtereenvolgende La Niña-episodes, het vanaf middel Februarie geneutraliseer.