Landbouweekblad

Soetrissie kraai koning op internasionale ekspo

Dit het tien jaar geduur voor die ontwikkelingspan agter Tatayoyo, ’n unieke soetrissie propvol geur, tevrede was met die smaak, kleur en grootte van hierdie opwindende produk.

Dié Rijk Swaan-span van Nederland se moeite is beloon toe hul produk vanjaar met die Fruit Logistica-innovasie-eerbewys bekroon is. Dit is die derde keer dat Rijk Zwaan dié gesogte eerbewys ontvang, en die eerste keer dat ’n maatskappy dit regkry om dié prys soveel keer te wen. Sy vorige eerbewyse was in 2006 vir Salanavo-blaarslaai en in 2017 vir Knox, ’n kenmerk wat keer dat blaarslaai pienk raak ná dit gesny is.

’n Wye paneel kundiges uit die bedryf kies die finaliste wat volgens hulle uitstaan as voorbeelde van idees en vernuf in die varsproduktebedryf. Tydens die Fruit Logistica-ekspo in Berlyn, Duitsland, kry besoekers dan kans om te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related