Landbouweekblad

STOETERY BEHAAL HALFEEU-MYLPAAL

Danksy ’n teelbeleid gemik op ’n Bonsmara-stoetnageslag wat in kommersiële toestande kan floreer, het mnr. Hannes van den Berg se Kalkveld-stoetery die toets van die tyd – meer as ’n halfeeu lank – suksesvol deurstaan.

Dié Reivilo-boer wat uit Bonsmara-bloubloedtelers stam, meen dat bulle in dieselfde toestande getoets moet word as wat hul nageslag moet produseer en reproduseer. Binne daardie raamwerk selekteer hy in sy Kalkveld-kudde vir goed gebalanseerde teelwaardes.Van den Berg sê veekundiges is dit eens dat dit ideaal is om bulle onder dieselfde omgewingstoestande te toets as waar hul nageslag moet produseer en reproduseer. Voerkraaltoetse meet groei, terwyl groei- en aanpassingsvermoë in ’n veldtoets gemeet word.

Aanpassingsvermoë sluit eienskappe in soos wei- en loopvermoë, vermoë om van oortollige hitte ontslae te raak en weerstand te kan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit