Almal wat by die landbou betrokke is, weet boere is prysnemers, met min beheer oor inset- of produkpryse. Die meeste kommersiële boere is ook voortdurend in ’n stryd gewikkel om winsgewend te bly. Hulle moet voortdurend produksie probeer verhoog om kop bo water te hou vanweë die kosteknyptang.
Daarom was dit vir Manie ontstellend toe Neva Makgetla, ’n senior navorser in strategieë vir handel-en-nywerheidsbeleid, ’n uitvoerbelasting op mielies voorgestel het, minstens in tye van hoë pryse. Sy sê dié