BOERE moet bewus wees van internasionale faktore wat pryse bepaal omdat dit ook plaaslike pryse bepaal, het mnr. Wilbie Venter, makelaar en markontleder by die landboutegnologiemaatskappy neXgro, op dié maatskappy se vooruitskouingskonferensie Lanvokon op Muldersdrif gesê.
“Die Suid-Afrikaanse mark het selde sy eie dinamiek. Daar word al hoe meer mielies in die wêreld geproduseer, maar die vraag bly styg en die eindvoorraad bly daal. Daar is ál minder ruimte vir verrassings.”