Die eerste rol plaaslik vervaardigde Streamline XTM-
dunwanddruplyn is onlangs by Netafim Suid-Afrika se Kaapse druplynaanleg gemaak. Om met optimale doeltreffendheid aan ’n veranderende mark te lewer, is die nodige opgraderings gedoen om voorsiening te maak vir die gevorderde vervaardiging van dunwanddruplyne by hierdie aanleg.
In die konteks van verswakte ekonomiese groei is beleggings in die Suid-Afrikaanse ekonomie nodiger as ooit.
Enige belegging het die potensiaal om ekonomiese bedrywighede te verhoog, kapasiteit te bou en geleenthede te skep. Dit is teen hierdie agtergrond dat