![f0084-01](https://article-imgs.scribdassets.com/1uvdf8ugg0anydq4/images/fileFO4MMSMM.jpg)
![f0084-03](https://article-imgs.scribdassets.com/1uvdf8ugg0anydq4/images/file2XNBT2GP.jpg)
’NSJEF maak elke oggend vir hom ontbyt met net die beste vleis, vars groente en rys. Soms eet hy kaviaar, en saans kry hy steak wat gaargemaak is presies soos wat hy daarvan hou.
Tussen sy luukse etes deur is sy dae luilekker: Hy speel met sy persoonlike afrigter en deurkruis die wêreld in ’n privaat vliegtuig.
Welkom by die spoglewe van Gunther VI. En nee, hy is nie ’n prins of oliemagnaat nie: Hy is die wêreld se rykste hond.
Die Duitse herdershond se voorvaders het ’n yslike fortuin by ’n geheimsinnige Duitse gravin geërf. Karlotta Leibenstein het haar geliefde seun, Gunther, verloor toe hy sy eie lewe geneem het.
Toe sy in 1992 sonder ’n erfgenaam dood is, het