Landbouweekblad

Somergewasse aangeplant soos verwag

Die nuwe somersaaiseisoen het baie nat weggespring voordat die “normale” midsomerdroogte in Januarie voorgekom het as gevolg van die sikloon oor Madagaskar en die Mosambiekkanaal. Dit het gepaardgegaan met ’n hittegolf en boonop te min elektrisiteit wat groot opbrengsskade aan besproeiingsgewasse veroorsaak.

Die jongste wintergraanoeste was effe kleiner as die vorige jaar. Die skatting is dat sowat 2,17 miljoen ton koring en sowat 337,650 ton moutgars gelewer sal word. Albei is ’n raps minder as die vorige jaar.

Kanolaproduksie (oliesade) bly stewig groei en ’n nuwe rekordoes van 210 530 ton is geraam. Uitvoer het begin met pryse wat nader aan die uitvoerprys verloop, wat nog ’n voordeel vir die binnelandse ekonomie is. Kanolaproduksie het met 265% gegroei oor die afgelope tien jaar.

Dit moet gesien word saam met die groei in sojaboonproduksie in die somerreëngebied, wat die afgelope tien jaar gegroei het van 900 000 ton tot ’n geraamde 2,6 miljoen ton wat nou op die lande staan.

Die groei in die gewasproduksie gee aanleiding tot aansienlike invoervervanging van plante-olie en plantproteïen (oliekoek) vir veevoer. Dit is ’n groot veer in die hoed

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit