Landbouweekblad

Ál meer boere stap die herlewingslandboupad

Suid-Afrika het die 12ste hoogste aanvaardingsyfer vir herlewingslandbou, ook beskou as bewaringslandbou, onder graan- en veeboere ter wêreld en is verreweg die hoogste in Afrika. Dit is ’n goeie aanduiding van die stand van herlewingslandbou in dié land.

“Ons het in 2021 ’n opname gedoen om die aanvaarding van herlewingslandbou, veral onder graan- en veeboere in Suid-Afrika, te meet. Daar is gevind dat 25% van hulle dié praktyk toepas, wat meer as 1,6 miljoen ha verteenwoordig,” sê dr. Hendrik Smith, grondkundige van Asset Research en bewaringslandbou-organiseerder vir die mielietrust. Volgens hom styg dié syfer steeds. Agter hierdie neiging sit ’n groot behoefte om oplossings te vind vir van boere se probleme. Plaaslike studies wys dat tot 75% van die koolstof in akkerbougrond vernietig is deur langer as 50 jaar se bewerkingspraktyke. Dit beteken dat die meeste graanboere op verarmde grond boer, wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit