APPELKOOSBOERE het hulle nie deur beurtkrag laat onderkry nie en vir die derde jaar agtereenvolgens ’n uitstekende oes afgehaal.
Die inmaakappelkoosoes (Bulida-appelkose) was vanjaar sowat 4,7% groter as verlede jaar. Altesaam 31 525 ton appelkose is