TE midde van ’n regsproses gemik daarop om die Tshwanemunisipaliteit te dwing om die stad se varsproduktemark beter te bestuur, het ’n week lange kragonderbreking by die mark tonne steenvrugte, sagtevrugte en piesangs laat vrot word in snikhete toestande.
Boonop het die stadsraad nou nog nie gehoor gegee aan ’n hofbevel in November dat die stadsraad R18 miljoen moet oorbetaal aan die mark vir broodnodige instandhouding nie.