ReStore-korrelmisstof is ’n kombinasie van biokoolstof van indringerplante en hoendermisafval van ’n vryloophoenderplaas.
Om die biokoolstof te maak, word indringerplante teen 500-700 °C “veras”, waarna dit saam met afval van hoenderplase by Grabouw teen 60-70 °C tot korrels verwerk word.