WEENS beurtkrag is 12 miljoen bevrugte eiers eerder vernietig as om dit in broeihuise te plaas, sê mnr. Chris Schutte, uitvoerende hoof van Astral Foods, ’n geïntegreerde pluimveeprodusent en Suid-Afrika se grootste hoendervleisprodusent.
Dit is omdat die maatskappy weens beurtkrag nie betyds kan slag nie. Inkorting op produksie behoort volgens hom een of ander tyd ’n vakuum in die mark te laat ontstaan.
“Met aanhoudende fase 5-en fase 6-beurtkrag, en met gevaarligte wat flikker dat fase 7-en fase 8-beurtkrag ingestel kan word,