GEGROND op die inligting tot sy beskikking, staan Manie bankvas agter boere oor die herrie wat ontstaan het nadat vyf jaar se werk om die graderingsregulasies vir mielies te verander, ongedaan gemaak is.
Die veranderinge het onder meer ingesluit ’n nuwe definisie vir waterbeskadigde en verkleurde pitte. Pitte met waterskade en wat gekleurd is, sou nie meer as gebrekkige pitte geklassifiseer word nie. ’n Verwysing na pienk pitte sou ook uit die graderingsvereistes verwyder word.
Boere is om twee redes (wat vir Manie sin maak)