Landbouweekblad

Die swaard van groen aktivisme

Nederland is ’n land met 4 miljoen beeste, 13 miljoen varke, 104 miljoen hoenders en 17 miljoen mense. Hierdie lewende wesens leef op 41 000 km², waarvan 17% van die see herwin is en 20% steeds onder water is. In die wêreld tel dit as een van die digsbevolkte lande – nie net ten opsigte van mense nie, maar ook ten opsigte van lewende hawe. Hierdie betreklik klein land is ook die grootste uitvoerder van vleisprodukte in Europa.

Dié oorvloedigheid kom egter teen ’n prys. Die gepaardgaande intensiewe boerderypraktyke, veral dié van lewende hawe, lei tot skadelike besoedeling, hoofsaaklik omdat die diere se mis ’n afvalproduk is wat ’n probleem skep. Die vermenging van mis en urine produseer ammoniak wat saam met die afloop van stikstofryke kunsmis vanaf bewerkte lande uiteindelik in mere en waterstrome beland, waar dit abnormale algegroei stimuleer. Die gevolg is dat die ander vorme van lewe in daardie waterbronne doodsmoor.

Nederland se oorvloedige landbou het dus dekades lank al ’n wesenlike impak op dié land se natuurlike omgewing.

In 2015 is die Programmatische Aanpak Stikstof (PAS) gevolglik ingestel om besoedeling te verminder, maar in 2019 het ’n hofbeslissing hierdie afsetskema onwettig verklaar en beslis dat ’n nuwe bouprojek of boerdery-uitbreiding wat besoedeling tot gevolg het, nie in ruil vir beloofde toekomstige stikstofverminderings aangebied kan word nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit