TOE mnr. Herman Vigne, ’n boer van die distrik Tarkastad, onlangs dringend ’n veearts in die hande moes kry om ’n koei te help wat sukkel om geboorte te gee, moes hy eers 25 km ver ry tot waar sy selfoon ontvangs gehad het. Maar toe ontdek hy dat die veearts ook weens beurtkrag geen sein het nie. Hy moes nóg verder ry tot by die spreekkamer in Makhanda.
“Dit is vir ons deesdae nie ongewoon