’N KOMPLEKSE reeks regsgedinge van ’n Noord-Kaapse boer wat die Land Bank R80 miljoen skuld, kon nie keer dat sy entiteite finaal gelikwideer en gesekwestreer word nie.
Likwidateurs en trustees het in Desember van die hooggeregshof in Kimberley toestemming gekry om die sakebedrywighede van mnr. Carel van der Merwe, ’n boer van Van Wyksvlei wat die Land Bank meer as R80 miljoen skuld, af te handel en sy regsentiteite finaal te likwideer