SY HET al meer as een keer ’n bruid op die kassie en silwerdoek gespeel. Maar om jou eie groot dag te reël is iets heel anders, kom die aktrise MILA GUY nou agter.
Die aktrise en die akteur en regisseur het in Oktober verloof geraak. Hulle was eers ses jaar lank vriende voor hul vriendskap in ’n romanse ontluik het.