Die warm en nat toestande wat in sommige somerreënstreke voorkom, skep die ideale toestande vir haarwurmuitbrekings by skape. Wat staan boere te doen?
Veldbestuur speel ’n belangrike rol om haarwurm op die plaas te bekamp, veral tydens ’n uitbreking. Wisselweiding, waar beeste vóór die skape in ’n kamp gejaag word om die larwes op te tel, waarna die skape in die kamp gejaag word, moet sover moontlik toegepas word. Die skape moet so kort moontlik