Landbouweekblad

SA saaiboere plant minder sonneblom

In ’n opname deur die nasionale oesskattingskomitee oor boere se plantvoornemens word die verwagte aanplanting van sonneblom op 580 500 ha beraam – 90 200 ha minder as die afgelope seisoen se 670 700 ha.

Soos allerweë verwag is, is dit veral meer sojabone wat aangeplant gaan word ten koste van mielies en sonneblom, asook ander somergewasse. Volgens die opname wat die situasie teen middel Oktober weerspieël het, beoog kommersiële produsente om 2,591 miljoen ha mielies in 2022-’23 te plant. Dit is 32 000 ha (1,2%) minder as die vorige seisoen.

Die voorgenome sojaboonaanplantings van 1,076 miljoen ha toon ’n toename van 16,2% of 150 200 ha, vergeleke met die afgelope seisoen.

In reaksie op die plantvoornemens het dr. Werner Rossouw, direkteur van Silostrat, daarop gewys dat die totale somerseisoenaanplantings van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit