TONGAAT HULETT se onverwagse besluit om vrywillig in sakeredding te gaan, tesame met onsekerheid oor die nuwe belastingjaar se suikerbelasting, het onweerswolke oor die beleërde suikerbedryf laat saampak.
Die maatskappy, wat sowat 50% van Suid-Afrika se suiker vervaardig, skuld sy krediteure bykans R6,3 miljard.
Metis Strategic Advisors, die sakeredders, sou in die week ná druktyd (7 November) met krediteure en ander belanghebbendes vergader. Die bedryf hoop dat daar