GEMENGDE finansiering vir swart boere kan meer private finansiering in die landbou ontsluit.
Agbiz en die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) is al jare lank kampvegters vir so ’n beleidsrigting as ’n manier om volhoubaarheid na die grondhervormingsprogram te bring, sê mnr. Theo Boshoff, uitvoerende hoof van Agbiz.
Die skema wat me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en die Land Bank op 24 Oktober bekend