BOERE in die Vrystaat en Noordwes sal dalk teen Kersfees op die strand kan uitspan pleks van op die lande swoeg.
Planttyd in dié provinsies het vanjaar vroeg begin danksy heerlike plantreën wat veral in die laaste week van Oktober oor groot gedeeltes begin val het. Daar is ook voldoende ondergrondse vog danksy die vorige reënseisoen se goeie reënval.
Mnr. Jaco Breytenbach, bestuurslid