BLUS VELDBRANDE IN ’N JAPTRAP
Veld- en ander brande kan nou doeltreffend met ’n nuwe produk, FireBlock, geblus word wat die vuur stuit deur die vlamme binne te dring en dit af te koel.
Mnr. Louis Koekemoer, die verskaffer van die produk wat op Muldersdrif vervaardig word, sê die produk is deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad in Suid-Afrika getoets.