LIGGING VAALHARTS, NOORD-KAAP
KORTOM
■ ’n Beoogde aanlyn platform gaan boere help om hul aankope en bemarking self te behartig.
■ Dit sal geskied met die samewerking van mnr. Alfons Visser se verwerkingsaanlegte wat die transaksies sal koördineer.
Al hoër produksiekoste en struikelblokke met oesfinansiering deur handelsbanke of landboubesighede oorheers tans landbougesprekke. Om die neiging te stuit dat landbougrond se waarde minder styg in verhouding tot produksiekoste en uiteindelik ’n kosteen finansieringsknyptang veroorsaak, is mnr. Alfons Visser, megaboer van Hartswater in die Vaalharts-besproeiingskema, ver gevorder met die ontwikkeling van ’n digitale platform. Daarvolgens sal ’n boer die verkoopkontrak van sy produk in dollarwaarde as