Landbouweekblad

‘PLANTMELK’ GEVESTIG, MAAR HAKKE INGESLAAN OOR BOTTER EN JOGURT

Voorgestelde wysigings aan die regulasie wat die bemarking van suiwelprodukte reguleer, sluit nie wysigings oor die gebruik van die naam “melk” vir plantgebaseerde melkalternatiewe in nie omdat dit, mits voorgeskrifte nagekom word, al meer as 30 jaar lank wettig is.

Mnr. Jompie Burger, projekbestuurder van Melk SA se regulasies-en-standaardeprojek en besturende direkteur van die Suiwelstandaarde-agentskap, sê ’n tegniese werkgroep van die georganiseerde suiwelbedryf werk sedert vroeg vanjaar aan voorstelle vir wysigings aan regulasie 1510 (R1510 van 2019) van die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990).

Die regulasie bevat voorskrifte rakende die klassifikasie, verpakking en bemarking van suiwel- en nabootsende suiwelprodukte.

Die bedryf het vroeër vanjaar die geleentheid gehad om kommentaar te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit